September 2004
Home Up

Flying Day 11 September

 Many people asked me if I am joking to hold a flying day on 11 September.  No I am not, there will really be a flying day. 

The year is drawing to an end and with our Tshipise weekend in October as well as many yearend functions after that, we decided to have a nice fun flying day in September.  We have invited pilots from al our neighbouring clubs to join us for the day.   Some of them indicated that they will fly in on Friday and will be camping at the airfield.

Early Saturday morning we will accompany the visiting pilots on a scenic flight in the area.  The rest of the day we are planning a fun nav flight, in which pilots can score points for accurate flying and win some prizes. In the afternoon we will be doing some spotlandings. Saturday evening we will have a braai at the clubhouse.  Our previous clubdays were a huge success, so if you have not joined us before, do so on 9/11.

Vier nuwe PPL’s

Alf Botha, Gertjie du Plessis, Robert Bambisa en Nick Prinsloo het dit gemaak.

Nick net na sy solo


Oom Alf net na solo


Gertjie by sy solopartytjie

Hulle is nou volwaardige PPL’S, baie geluk.  Oom Alf, waarheen gaan ons nou vlieg?


Robert

Ernest Gisin van Switserland is op toer deur Suid-Afrika en het hier begin leer vlieg.  Hy het onlangs solo gegaan en kort nog ‘n paar solo ure om sy MPL klaar te maak.


Ernest just before solo

OMJ refurbished

It has been a while since we saw OMJ over the town.  The reason therefore is that this Cherokee 6 is being completely refurbished.


OMJ as it looks now, the new engine in the picture as well

It now boasts with a new coat of paint and a zero hour engine.  The interior will also be done.  I think someone can’t wait to get this baby in the air again.  (Nick, why not paint BSL as well?)  Another aircraft that is also being resprayed is ZS MOB.


MOB will soon be in the air again

Tshipise

As far as I know 13 families have already booked their stay at Tshipise for 22-24 October.  If you have not done so, do so now.  Tshipise‘s phone number is 015 539 0634 or fax 015 539 0724. Chanell Wannenburg is the person to speak to.  Please, if you cannot fly there because you do not have a plane, do not stay away.  There will be space available on other planes, and many of us will be driving there, so join us.   If you want to enquire about the runway condition, contact them as well.  We will however ask them to see to it that the runway is in a good condition for the weekend.

Dicky kry sy Tecnam

Ons het nog net daarvan gehoor, maar is dit regtig so?  Ja dit is.  Uiteindelik na vele gesukkel en ‘n lang gewag het die Tecnam sy opwagting gemaak, ‘n hele paar maande laat, maar hy is hier in SA.  Dicky Maritz se Tecnam is tans op die Randse lughawe en sal binnekort in Tzaneen wees.

Die Tecnam spog met ‘n 100pk Rotax 912S enjin, instrumentasie wat hom toelaat om in IFR toestande te vlieg en genoeg plek vir ‘n groot vlieënier en sy maatjie. (ek moet seker versigtig wees wat ek sê).  Enkele van die instrumente moet nog gemonteer word, en hy moet nog sy strepe kry.

Ek wil voorspel dat ons die vliegtuig meer in die lug as op die grond gaan sien.  Dicky, is jy reg vir volgende jaar se presidentstrofee?

Ek het ‘n voëltjie hoor fluit dat daar ‘n “taildragger” Cubby ook op pad is.  Die Cubby was op ons lugskou te sien en sal binnekort ook homself tuismaak op die Tzaneen vliegveld.


Dicky kyk of hy in die Cubby sal pas

Vliegkuns by Merensky

Hoërskool Merensky het in Augustus ‘n baie suksesvolle kunsteweek aangebied vir sy leerlinge.  Een van die items op hul program was die vliegkuns.  Leerlinge wat in vlieg belangstel het die geleentheid gekry om ‘n kort lesing by te woon en meer te leer oor vlerkontwerp.  Stefan Veldman het die lesing aangebied, terwyl Dicky Maritz ‘n verbyvlug in MOB gedoen het.

Daarna het die leerlinge die geleentheid gekry om ‘n vlerk uit papier  te bou en dit dan ook te toetsvlieg.

BELANGRIKE DATUMS

6 Sep –  Vliegklubvergadering

11 Sep – Vliegdag:  Letaba vliegklub

17-19 Sep - Africa cup (Hazyview)

22-24 Okt – Tshipise naweek

HUMOR

'n Programmeerder en ingenieur kom langs mekaar te lande op 'n lang vlug van Johannesburg na London. Die programmeerder leun oor na die ingenieur en vra of hy 'n speletjie wil speel. Die ingenieur wil egter bietjie slaap en rol ook sommer om venster se kant toe.

Die programmeerder hou egter aan en verduidelik hoe die speletjie werk.  Hy verduidelik  "Ek vra jou 'n vraag, en as jy nie die antwoord ken nie, betaal jy my R5. Dan vra jy my weer 'n vraag en as ek nie die antwoord ken nie, betaal ek jou R5"

Weereens sê die ingenieur dat hy nie belangstel nie en maak sy oë toe.
Die programmeerder raak desperaat en sê: "OK. Ek vra jou 'n vraag, en as jy nie die antwoord ken nie, betaal jy my R5. Dan vra jy my weer 'n vraag en as ek nie die antwoord ken nie, betaal ek jou R100!"

Die ingenieur besef dat hy maar sal moet saamspeel anders gaan hy nooit 'n slapie inkry nie, en stem in.  Die programmeerder trek ook dadelik los en vra: "Hoe ver is dit van die aarde tot by die maan?"  Die ingenieur sê nie 'n woord nie maar haal R5 uit sy sak en gee dit vir die programmeerder. Nou is dit die ingenieur se beurt en hy vra: "Wat gaan teen die heuwel op met drie bene en kom af met vier?"
Die programmeerder kyk hom aan met 'n frons en haal sy laptop uit en begin elke bron nagaan wat hy aan kan dink.

 

Hy klim op sy modem en deursoek ook die internet. Na 'n uur en 'n half maak hy die ingenieur wakker en gee hom sy R100. Die ingenieur neem die geld en draai om om verder te slaap.  Die programmeerder wat op hierdie stadium meer as net 'n bietjie gefrustreerd is, skud die ingenieur en vra: " Wel, wat is die antwoord?"  Sonder om 'n woord te sê haal die ingenieur nog R5 uit sy sak en oorhandig dit terwyl hy omdraai om verder te slaap.

**

The aircraft was on it’s way to the holding point when it suddenly came to halt, turned around and taxied back to the apron.  After an hour’s wait it taxied out again.  One of the curious passengers asked the flight attendant as to why they waited so long.  She replied: “ There was a terrible noise on one of the right-hand engines and the pilot was not prepared to fly with it...it took us a while to find another pilot who was”

Kommentaar:  waleeu@global.co.za.

Vlieggroete

Willie Leeuwner   (Sel 072 289 9500)