|
Vliegdag 18 September Weens
die reënweer op 10 en 11 September het ons vliegdag in die slag gebly, en moes
ons dit skuif na 18 September. Ondanks
die skuif het sommige van ons steeds besluit om sommer te braai en bietjie te
kuier. Die vliegtuie wat beplan het
om in te vlieg het nie opgedaag nie, maar Johan Minnaar het sy Jabiru, en Innus
Oosthuyse sy KIS vir ‘n diens gebring, en die middag saam met ons spandeer.
Die volgende Saterdag het ons weer bymekaargekom en ‘n verkorte program
aangebied.
Kobus
Venter met CUU en Herman Boersma met EKH het ‘n draai gaan vlieg met die doel
om mooi fotos te neem en hulle nogal goed van hul taak gekwyt. Dit
was duidelik dat hierdie oefening meer gereeld aangebied moet word, aangesien
min van die landings in die kol was. Oom
Alf Botha het met slegs twee landings, die vastevlerk afdeling ingepalm, en
Louis Jordaan het die mikroligte afdeling gewen.
Ons
het egter die vlieëniers vrye teuels gegee wat die krag- en klapstellings
betref, maar hulle verbied om die klappe weg te neem net voor hulle geland het.
Na donker het oom Koos Malan ons vertel van sy vliegervaringe in Afrika, en sy fotoalbum vir ons gewys. Dit was baie interessant. Ek dink dit moet ‘n belewenis wees om Afrika so te kan sien.
Daarna
het ons saam gebraai en ons nuwe braaier ingewy.
Nylstroom
Fly in Oom Phil het ons genooi om die
dag saam met hulle op Nylstroom deur te bring. Ons het Saterdag oggend
sowat nege uur opgestyg oppad na Nylstroom, te midde van 'n 8/8 wolkbedekking in
Tzaneen (op 1000'). Op pad Mooketsi toe het ons ligte reën gekry en
wonder bo wonder was daar vir ons 'n oop plekkie om oor die berg te kom.
Bokant die berg was daar geen wolke nie en buiten vir die bietjie turbulensie
(en die verdwaal?), was dit 'n roetine vlug. Carel Minnaar het van
Wonderboom af ingevlieg en Herman Boersma en Siem Venter het later met die
Cherokee ingevlieg. Ander vlieëniers van die
omliggende omgewing was ook daar, 'n lekker groepie. Ons is bederf met 'n
heerlike braaivleis, en daarna het die vlieëniers, elk met 'n vol vrag
passasiers, 'n klein kompetisietjie gevlieg. Die idee was om jou tyd te
skat om Kranskop en terug, en dan 'n presisielanding op die nommers uit te voer.
6 het probeer en Pieter het gewen. Ek en Herman in die Cherokee was sowat
'n minuut vroeg en het baie diep geland. Dicky het bykans op tyd en amper
op die nommers geland, maar ons moet bysê dat sy vliegtuig teen 35kt land! (sit
in 'n 10-15kt wind, dan lyk dit soos 'n helikopterlanding) Nee ek spot
sommer net, hy het regtig mooi geland. Ons is later terug Tzaneen toe,
en het net voor donker geland. Beslis 'n lekker dag gewees, dankie oom
Phil, Sophia en almal op Nylstroom. Nuwe braaier Jannie
Lombard het vir die vliegklub ‘n gas multibraai geskenk.
Nadat Dicky vir ons die raam (met wiele en al) gemaak het, kon ons dit
behoorlik uittoets. Dankie Jannie
en Dicky. Dicky kry die Tecnam na lang gesukkelNa vele gesukkel, waarop ek nie in detail wil ingaan nie, het die Tecnam op 28 September veilig in Tzaneen geland. Daar was heelwat klublede teenwoordig om Dicky geluk te wens met sy vliegtuig en sommer ‘n glasie sjampanje daarop te klink.
BELANGRIKE DATUMS22-24 Okt – Tshipise naweek 25 Junie 2005 – Lugskou Lugskoukomitee
2005 Die lugskou komitee vir 2005 is saamgestel en het reeds hulle eerste verdadering agter die rug. Tydens die vergadering het elkeen voorlopig sy basiese pligte gekry. Ons het baie geleer uit die afgelope paar lugskoue en gaan poog om hierdie jaar weereens ‘n baie suksesvolle lugskou aan te bied. Ons sal egter baie staatmaak op hulp van die vorige komitee. Die volgende persone dien op die komitee: Dicky Maritz, Tienie Prinsloo, Robert Bambisa, Alf Botha, Willie Leeuwner, Kobus Kampman, Louis Jordaan, Siem Venter en Philip Dupper. Sterkte! HUMORDie
Amerikaanse Federale Lugvaart Administrasie het 'n besondere apparaat ontwikkel
om vliegtuigruite te toets. Basies kom dit daarop neer dat die apparaat
dooie hoenders teen die ruit vasgooi teen die spoed waarteen die vliegtuig vlieg. Die
teorie is dat as dit nie kraak nie, sal dit ook niks oorkom as voëls teen die
ruit vasvlieg tydens 'n vlug nie, en is dit geskik vir vliegtuie. Die
Britte het van die ding te hore gekom en bestel dadelik een om die ruite van hul
nuwe sneltrein mee te toets. Toe
die hoender afgevuur word is daar gaos. Nie alleen trek dit regdeur die
ruit nie, maar ook deur die drywer se sitplek en kom uiteindelik ingebed in 'n
instrumentpaneel agter in die bestuurskompartement tot stilstand. Al
wat die Amerikaners terug laat weet is "Ontvries die hoender!" ***** 'n
Vliegtuig met vyf passasiers, was op die punt om te val en daar was net 4
valskerms aan boord. George Bush sê
"Ek is president van die VSA en leier van die vrye wêreld!" Daarmee
neem hy die eerste valskerm en spring. Die
tweede passasier sê "Ek is Antoine Walker, een van die beste basket-balspelers en die Boston Celtics het my
nodig!" Hy vat die tweede
valskerm en spring. Die derde passasier, Hilary Clinton, sê
"Ek is 'n voormalige presidentsvrou, senator van New York en ek is die
slimste vrou ter wêreld" Sy vat haar goed en spring. Die
vierde passasier is 'n ou man en hy sê vir die vyfde passasier, 'n jong seun,
"Ek is oud en het my beurt gehad en ek dink dit is my plig en my voorreg om
vir jou die laaste valskerm aan te bied. "Moenie bekommerd wees nie
oom" sê die knaap. "Daar is vir jou ook 'n valskerm. Die
slimste vrou in die wêreld het met my rugsak gespring!" Kommentaar: waleeu@global.co.za. Vlieggroete Willie Leeuwner (Sel 072 289 9500)
|