|
Tshipise naweek: 22–24
Oktober Die weer was regtig nie die beste vir ‘n
wegvliegnaweek nie, maar niks het ons kon keer nie.
Alhoewel ons nie met die ‘microlights’ deurgevlieg het nie, was Dicky
en Siem met hul vliegtuie daar. Altesaam
sewe gesinne het die naweek bygewoon en ek dink almal het dit geniet.
Dit was ‘n lekker wegkomkansie so net voor die besige kersseisoen.
Die beplanning was dat ons die Vry-dagmiddag met twee
‘microlights’ en die Tecnam sou deurvlieg, daar sou oornag en die volgende
oggend vir Francois halfpad ontmoet. Weens
die sterk wind het ons egter besluit dat die ‘microlights’ nie ‘n goeie
idee sou wees nie, en ek en Dicky is toe met die Tecnam deur.
Philip en die vrouens en kinders is per pad soontoe.
Die volgende oggend was die wolke feitlik op die grond, en ons het
verneem dat dit in Tzaneen gereen het.
Weer was vlieg nie ‘n opsie nie. Ons het die dag langs die swembad deurgebring en Nick en
James-hulle het by ons aangesluit. Sowat twee-uur het Siem en oom Alf met hul
gades opdaag.
Later die middag het ons ‘n draai gaan vlieg oor die
Limpoporivier en teruggekeer net betyds om te sien hoe die Bulle die Cheetahs
kafdraf. Die aand het ons lekker saam gebraai en tot laat gekuier.
Sondagmiddag het almal terug-gevlieg (en gery) al langs die Limpopo tot
by die Kruger Wildtuin en toe na Tzaneen. Almal
het die naweek geniet en ek wonder hoekom ons dit nie meer gereeld kan doen nie.
Lede wat daar was is Nick van Rensburg, Philip Dupper, Alf
Botha, Dicky Maritz, Siem Venter, James Norval en ekself met ons gesinne. Oom Alf en Dicky gaan vlieg Dit is selde dat die twee grootste klublede in die kleinste
vliegtuig inklim en pas en watwou nog gaan vlieg ook. Ek wens ek kon ‘n foto daarvan neem. Ek hoor hulle het darem in die lug gekom en dit reggekry om
te klim. Borgefunskie Ons het op Saterdag 30 Oktober ‘n borgefunksie gehou om ons
lugskouborge van 2004 te bedank. Die
geleentheid was ‘n spitbraai by die klubhuis.
Die klubhuis het lanklaas so pragtig gelyk en die kos was heerlik.
Ongeveer dertig mense, onder wie ‘n afvaardiging van die Stadsraad, het
dit bygewoon.
Elke borg is met ‘n bottel spesiale lugskouwyn bederf, en
ook Eddie het een gekry vir sy puik
bydrae tydens die lugskou. Ons sou
egter graag meer van die klublede wat ons tydens die lugskou gehelp het, daar
wou hê om ook so vir hulle dankie te sê vir hulle harde werk. Hoe laer hoe lekkerder?? Almal wat vlieg wil dit mos so laag as moontlik doen, mens
kan mos dan die gevoel van spoed beter ervaar en sien wat op die grond aangaan.
Maar is dit werklik so goeie idee of is dit iets wat ‘n mens later oor
spyt gaan wees? Kom ons kyk eers wat sê die wet in verband met laag vlieg: Jy mag slegs onder 500’ vlieg as jy nie ‘n steurnis vir
mens, dier of eiendom sal wees nie. Jy mag nie onder 1500’ oor ‘n bewoonde area vlieg nie. Jy mag nie onder 1500’ oor ‘n natuurreservaat vlieg nie. Wat is die fisiese gevaar van laag vlieg? Gestel ons vlieg op 100’
bo die grond en daar ontstaan ‘n noodsituasie, wat maak jy dan?
Die tyd wat jy het om te reageer en aksie te neem is aansienlik korter as
gewoonlik. Waar gaan jy met die
vliegtuig heen? Dit is die eerste
reaksie wat ‘n mens moet hê. Is daar tyd om die probleem reg te maak of gaan die skok van
die weiering jou so oorweldig dat die tien (of selfs minder) sekondes wat jy het
te kort is. Oefen jy jou prosedures genoeg sodat dit altyd vars in die
refleks geheue is, of word dit net met hernuwings vir die instrukteur gedoen?
Kan jy met jou oë buite die kajuit vlieg of moet jy op die instrumente
kyk om ‘n 30° draai te maak. Die
gevaar is dat jy nie jou aandag te lank van die omgewing buite kan wegneem nie,
omdat dit te gou verander. Kraglyne is baie moeilik om te sien en dit kan tot so hoog as
195’ van die grond af wees. As dit in bergagtige gedeeltes is kan dit selfs hoër
wees as gevolg van die span tussen hoë punte. Weer hou ‘n baie groot gevaar in. As dit dynserig is kan jy nie vêr voor jou sien nie en dun
drade raak in die lug weg. Sterk
winde naby die grond kan ook erge lugskommelinge veroorsaak. As jy regtig moet af, en laag vlieg, onthou dan die volgende
punte: Ken jy die area. Weet jy waar daar kraglyne is. Onthou die lug-vaartkaarte is
verouderd en nie al die kraglyne is aandui nie. Doen inspeksie vlugte voor die tyd teen ten minste 500’ bo
die grond om seker te maak dat jy weet wat op en net bo die grond is. Gebruik jou kaart en nie die GPS om te navigeer.
Sodoende kan jy sien waar die kraglyne op die kaart gemerk is. Maak seker die sig is goed en berei jouself voor op die
gevare en aksies om te neem in ‘n noodgeval. Maak seker dat die enjin verstellings klaar gedoen is voor jy
laag daal. Sluit die elektriese
petrolpomp aan indien daar een is. Bly weg van rivierbeddings.
Digte plantegroei kan die pale verskuil. Moet nooit in valleie opvlieg nie, af is beter maar vermy dit
liewer in geheel. Vermy baie laag vlieg met sonop en sononder.
Die lae posisie van die son kan jou maklik verblind. Wanneer jy oor kraglyne vlieg, doen dit op die hoogste punt.
Daar is dikwels ‘n dun kabel op die bo kant wat nie maklik sigbaar is
nie. …en onthou, laer is nie net altyd lekker nie! Stefan Veldman GІІ BELANGRIKE DATUMS 15 November –
Klubvergadering 25 Junie 2005 – Lugskou HUMOR I was boarding a flight to Cape Town on Kulula.com when this
bloke came to me and told me I was in his seat. Immediately I replied that I was here first, when he calmly
turned around and said: ”Ok, then you can fly the plane!” -oOo- You know you are taxiing too fast when someone on the radio
shouts: “Rotate!”
A
young guy in an F-16 fighter was flying escort for a B-52 and generally being a
nuisance, acting like a hotdog, flying rolls around the lumbering old bomber.
The hotdog said over the air, "Anything you can do, I can do better." The
veteran bomber pilot answered, "Try this hot-shot." The
B-52 continued its flight, straight and level. Perplexed,
the hotdog asked, "So? What did you do?" "I just shut down two engines, kid." Kommentaar: waleeu@global.co.za. Vlieggroete Willie Leeuwner (Sel 072 289 9500)
|