March 2005
Home Up

Algemene Jaarvergadering

Op die 46ste algemene jaarvergadering wat gehou is op 7 Maart 2005 is die nuwe bestuur gekies.  Soos die geval laasjaar was, was daar heelwat skommelinge in die bestuur.  Tienie Prinsloo is as voorsitter verkies, met Francois Vorster as ondervoorsitter.  Willie Leeuwner is herkies as sekretaris en Dicky Maritz, Conrad Kruger en Carel Minnaar is as addisionele lede verkies.

Hierdie jaar sal die finansies deur die ondervoorsitter behartig word, en Dicky sal die ‘Events’-portefeulje behartig.  Ons sien weereens uit na ‘n opwindende jaar vir die vliegklub en wens die bestuur alle sterkte toe.

Op die vergadering is besluit dat die klubfooie R300 en aansluitingsfooie ook R300 vir 2006 sal beloop.

NAGVLIEGAAND

Eddie het ‘n nagvliegaand gereël vir Maandag 21 Maart.  Kom ons trek almal daardie aand by die klubhuis saam en deel in ‘n lekker oefening.  Ek is seker daar sal heelwat plek in die vliegtuie beskikbaar wees vir die wat nie oor ‘n nagvlieglisensie beskik nie.

Vliegveiligheidsdag

Kobus Venter het op 12 Februarie vir ons ‘n veiligheidslesing aangebied.  Dit het gehandel oor die gevare wat jou gemoedstoestand vir jou inhou wanneer jy vlieg.  Die vlieëniers was dit almal eens dat elkeen swak punte het, en dit kan net ‘n goeie ding wees as jy dit kan herken en erken.  Dit was ‘n baie leersame lesing, dankie Kobus.

Meyer begin sy Helikopter opleiding

Meyer is reeds ‘n geruime tyd by die vliegklub betrokke en het onlangs begin met sy helikopteropleiding.  Eddie Vorster het ook saam met Meyer begin. Soos ek verstaan kan Meyer slegs vlieg as die lug afkoel, aangesien die R22 bietjie lig in die broek is vir hom en die instrukteur.


Eddie tydens opstyg

Eddie het reeds gesolo en Meyer is baie naby aan solo.  Ons wens hulle beide baie lekker en veilige helikopter vliegure toe.

BELANGRIKE DATUMS

18 Maart – Bring en Braai
21 Maart – Nagvliegaand
29 April - 2 May -- EAA Wonderboom
21 Mei – Polokwane lugskou
26-28 Mei – Presidents trofee
25 Junie 2005 – Lugskou

Vliegdag

5 Maart het nog ‘n baie lekker vliegdag opgelewer.  Oom Vissie het vir ons ‘n baie opwindende roete uitgewerk, maar het ongelukkig op nommer 99 nie opgedaag nie, en moes ons vinnig ‘n ander roete uitwerk.  Die roete van 73nm het oor Ebenezerdam al met die Mohlapitsirivier tot by Olifantsrivier, en terug oor die berg tot by Leydsdorp en toe na Tzaneen gestrek.


Siem het op die ou einde ook besluit om te vlieg

Dit was so uitgewerk dat dit oor die mooi natuurskoon van die Wolkberge met al sy watervalle strek. Die vlieëniers moes vooraf die roete plot, die afstande uitwerk en die tyd wat die roete sou neem aan die organiseerder gee.

Die triek was dat hulle sou moes klim tot ongeveer 6000’ en op plekke ‘n besluit sou moes neem of hulle deur die klowe of oor die berg sou vlieg.  Met hulle terugkoms op Tzaneen moes hulle twee presiesie landings doen.


Freddie en Dicky, baie ingenome met hulself

Niek Prinsloo het seker die beste landing van almal uitgevoer, maar hy het sy linkerwiel ongelukkig ½ meter voor die streep neergesit.  Ek moet bysê, Tienie het namens hom genomineer om die streep raak te land, en hy was in die kol!  Siem het met CUU slegs 36 sekondes voor sy beplande tyd die roete voltooi, maar het ongelukkig, alhoewel hy mooi geland het, net-net te diep geland en nie punte daarmee verdien nie..

Dicky en Freddie het beide afdelings gewen (maar ek dink hulle het ‘n onregverdige voordeel gehad, weet nog net nie wat nie!).  Hulle was slegs 9 sekondes laat en het punte vir altwee landings verdien.  Dicky, hoe kry jy dit reg om die roete met ‘n gemiddelde spoed van slegs 76 knope af te lê???

Siem het in die tweede plek geëindig.  Niek en Tienie was derde en Herman Boersma vierde.  Die dag is met ‘n braai afgesluit

WEBWERF PROBLEEM

My internet is die afgelope twee maande bietjie op die koffie en ek sukkel verskriklik veral met my e-pos.  Ek het die hele webwerf bietjie opgegradeer, maar kon nie al die inligting suksesvol oplaai nie.  Julle sal vind dat daar ‘n paar probleempies opduik, maar ek beloof om dit binnekort reg te stel.

Ian goes solo

Ian Curry who is currently undergoing training for his MPL with Louis, went solo on the 5th March 2005.  Ian is from Messina and was an instructor on gliders.  He decided to start flying microlights recently.  He owns a Windlass Trike.  Congratulations Ian and may you have many happy and safe hours in the air!

HUMOR

There's a story about a C-124 and a F-4 on intersecting taxiways at Rhein-Main long ago. The F-4 driver asked Ground what the Globe-master's intentions were.

It is said that the C-124 pilot opened the clamshell doors in the nose and announced, "I'm going to eat you."

-o0o-

A friend of a friend, who is an airline copilot, told the following story about a captain with whom he often flew. This guy was an excellent pilot, but not real good at making passengers feel at ease.

One time the airplane in front of him blew a tire on landing, scattering chunks of rubber all over the runway. He was asked to hold while the trucks came out and cleaned up.

His announcement: Ladies and gentlemen, I'm afraid there will be a short delay before our arrival. They've closed the airport while they clean up what's left of the last airplane that landed there.

Then there was the time they were flying through turbulence. Some of the passengers became alarmed at how much the wings were bending in the rough air and one of the flight attendants relayed that message to the captain.

His announcement: Ladies and gentlemen, I've been informed that some of you have noticed our wings bending in the turbulence. In fact, the flight attendant told me that the wing tips are bending as much as ten feet in the bumps. Well, that's perfectly normal; there's nothing to worry about. Our wings are designed to bend as much as thirteen feet at the tips and, as you can see, we're nowhere near that yet.

-o0o-

Many commercial aircraft are stacked up waiting for approach to O'Hare Int'l, ATC has inflicted numerous delays, and some planes are already 1-2 hours late. The WX is good, it's just that there is a traffic bottleneck somewhere. Pilots, passengers, crew are all getting quite frustrated and angry.

ATC: "All aircraft holding, expect 20 minutes additional delay."

Unknown A/C: "Ahhh ... bullshit!"

ATC: "Aircraft making last transmission, identify yourself."

(silence)

ATC: "Aircraft making last transmission, identify yourself immediately!"

(silence)

ATC: "Aircraft using 'bullshit' in last transmission, identify yourself. American 411, was that you?"

American 411: "Approach, American 411: negative on the 'bullshit,' sir."

NW 202: "Approach, NW 202: negative on the 'bullshit.'"

Delta 55: "Approach, Delta 55: negative on the 'bullshit.'"

NW 33: "Approach, NW 33: we have a negative on that 'bullshit.'"

. . . and so on, right through the entire pattern.

Vlieggroete

Willie Leeuwner

waleeu@global.co.za