|
Staatspresidentstrofee 2005 Daar was toe op die ou einde slegs twee spanne van die Letaba Vliegklub wat deelgeneem het. Hulle het soos volg gevaar: Eddie Vorster en Meyer Jacobs in ZS-MLC het 17de geëindig met 'n gemiddelde spoed van 164.17 knope. Tienie Prinsloo en Francois Vorster in ZS-OMJ het 62ste geëindig met 'n gemiddelde spoed van 139.99 knope. Baie geluk aan die twee spanne.
Citrashine Tzaneen Bushpilots Airshow Die Tzaneen Bushpilots Lugskou het hierdie jaar die borgskap van Citrashine bekom, en sal vir die volgende vyf jaar hulle ondersteuning hê. Die lugskou sal daarom as die Citrashine Tzaneen Bushpilots Airshow bekend staan. Almal op die komittee werk reeds baie hard aan die reelings en dit beloof om 'n fantastiese lugskou te wees. Tienie Prinsloo moet uitgesonder word, aangesien baie van sy tyd daaraan gewy word. Elke klublid moet asseblief hulle bes doen om te help op die dag van die lugskou, aangesien ons te min mense het om die werk te doen. Dit is elke jaar slegs 'n handjievol lede wat hul kant bring. Sterkte aan die komittee.
Belangrike datums 25 Junie - Lugskou 9 Julie - Skukuza naweek
HUMOR Hasie
draf eendag deur die woud toe hy vir kameelperd 'n vet daggazol sien rol. -o0o-
|