|
VOORSITTERSBRIEF 2004
het ‘n verandering in die klubbestuur gesien. Dit het meegebring dat die jaar
propvol aktiwiteite en verrassings was. Die
ledetal het met 14 gegroei tot 53 lede. Nuwe
lisensies sluit in 3 MPL, 12 PPL, 1
CPL en 2 HPPL. 4 MPL vlieëniers
het hulle PPL’s verwerf. Die
klub se finansies het hierdie jaar ‘n hupstoot gekry, en ons kan met trots sê
dat bykans al die lede se ledegelde opbetaal is.
Daar
is enkele verbeterings by die klubgebou aangebring, waaronder die skadunetafdak,
geskenk deur Alnet, KM Bolts en BEC. Die
speelpark vir die kinders is bykans voltooi, en die swembad spog met ‘n nuwe
pomp en filter. Die behoefte vir
nuwe eetgerei in die klubhuis het ontstaan en daar is aangekoop vir 40 persone.
Ons is reeds besig met die drukwerk van sertifikate, sodat elke vlieënier
wat sy lisensie verwerf het se sertifikaat in die klubhuis vertoon kan
word.
Op
die vliegveld het ons ‘n elektroniese weerstasie gekry, wat per SMS akkurate
weersomstadig-hede deurgee. Die Stadsraad het na vele onderhandeling die groen lig gegee
vir nuwe aanloopbaanligte en die opgradering van die gras ‘taxiway’.
Daar sal ook binnekort ‘n rooi lig op die koppie aangebring word.
Daar is hierdie jaar suksesvol gepoog om ‘n konstante beskik-baarheid
van brandstof teen ‘n billike prys te voorsien. 2004
se lugskou was die beste en grootste ooit.
Die sukses daarvan is te danke aan harde werk van ‘n handjievol
klublede, waaronder ons vir Eddie Vorster wil uitsonder en bedank.
Ons sou graag meer van die lede in die toekoms betrokke wil sien,
aangesien alle klublede daarby baat vind. Ons
het hierdie jaar 5 veiligheidsdae aangebied in samewerking met die vliegskool,
wat goed bygewoon is deur die lede. Saam
met hierdie dae het ons pretvliegoefeninge (navigasie en presisielandings)
aangebied wat ‘n fantastiese sportmangees onder die vlieëniers openbaar het.
Ons
het heelwat wegvliegaktiwiteite gehad, waaronder Phalaborwa, Hippo Pools,
Tshipise, Nylstroom en ‘n nagvlug na Pietersburg.
Ons het ook die Defence Airshow bygewoon, asook Virginia Lugskou,
EAA Wonderboom en die Pietersburg Lugskou. Van
ons klublede het in die Presidentstrofee Lugwedren gevlieg, en ‘n paar was
betrokke by die draaipunte. Daar
is heelwat nuwe vliegtuie in die klub, waaronder Carel Minnaar se C210 (ZS-PIX),
Conrad Kruger se C210T (ZS-MOB), Theo van Zyl se Baron 58 (ZS-INW), Dicky Maritz
se Tecnam (ZU-WOA) en die Cubby (ZU-CUB), Louis Visser met sy C150’s en C172,
Ettiene Swanepoel se R44 en toe later ‘n nuwer R44, en Innus Oosthuyse se KIS
(ZU-CJY). OMJ het hierdie jaar nuwe
verf, bekleedsel, enjin en lugskroef gekry.
MOB en CUU spog ook met nuwe verf en CMT is terug fabriek toe vir ‘n
opgradering. Ongelukkig
het ons hierdie jaar ‘n groot vriend en entoesiastiese medevlieënier in ‘n
vliegongeluk verloor. Frikkie
Heinemann was ‘n baie aktiewe klublid en is in Julie oorlede.
Ons sal hom altyd onthou en sy teenwoordigheid en sy humorsin mis. Ek
wil graag vir Willie, ons klub sekretaris bedank vir sy harde werk met die
finansies, webwerf en die uitstekende nuusbrief. Ek
wil graag al die lede ‘n geseënde Kerstydperk en voorspoedige nuwe jaar
toewens. Dicky
Maritz BELANGRIKE
DATUMS 25
Junie 2005 – Lugskou WEERSTASIE
NUUS Die
outomatiese weerstasie is
opgegradeer en werk nou vir Mtn, Vodacom en Cell C.
Die nommer het ook verander na 36995 vir al die netwerke.
Stuur ‘n sms met ‘FATZ’ as inhoud na 36995 en die weerstasie sal
die huidige weersituasie in Tzaneen vir jou terug sms. Daar is weerstasies by Lanseria (FALA), Microland by
Bapsfontein (MICR), Circus vliegveld
(MLCI) en Tzaneen. Besoek
gerus www.realti.co.za
vir meer inligting. HUMOR ZS-EKH:
"Wonderboom tower, ZS-EKH, student pilot, I am out of fuel." WHEN
SANTA CAME TO TOWN T’was the night before
Christmas, and out on the ramp, The fuel trucks were nestled,
all snug in their spots, A voice clearly heard over
static and snow, Away to the window I flew like
a flash, When what to my wondering eyes
should appear, "Now Ringo! Now Tolga!
Now Trini and Bacun! He landed like silk, with the
sled runners sparking, He stepped out of the
sleigh, but before he could talk, His breath smelled like
peppermint, gone slightly stale He was chubby and plump,
a right jolly old fool, I spoke not a word, but
went straight to work, And I thought as he silently
scribed in his log, And laying a finger on
his push-to-talk, Then I heard him
exclaim, 'ere he climbed in the night,
|