April 2005
Home Up

Nuusbrief nou elektronies

Ek vra om verskoning vir die laat aflewering van hierdie nuusbrief.  Ek was vir die eerste twaalf dae van April op toer deur Botswana, Zimbabwe, Zambië en Namibië.  Dicky, Freddie, Alf, Ek, Chris de Wet  en ons families is vir ‘n toer deur die lande en het lekker uitgerus (net om weer binne een dag by die werk moeg te raak).


Die groepie wat saam was Botswana toe

Weens ‘n koste oorweging sal ek in die toekoms die nuusbrief op die webblad beskikbaar stel.  Ek hoop julle geniet dit steeds.

Nagvliegaand

 Op Maandag 21 Maart het Eddie Vorster vir ons ‘n nagvliegaand aangebied.  Daar was heelwat vlieëniers teenwoordig.  Carel Minnaar (PIX),  Tienie Prinsloo (OMJ), Eddie Vorster (MLC), Herman Boersma (EKH) en Dicky Maritz (PKZ) het almal deelgeneem.  Eddie moes ongelukkig terugdraai weens ‘n meganiese probleem, maar die res het die oefening suksesvol voltooi.

Die Sea Furytydens laasjaar se EAA by Wonderboom - Die EAA skou vind hierdie jaar op 29 April tot Mei plaas

Die oefening was so uitgewerk dat die vlieëniers van QDM’s en QDR’s gebruik moes maak om suksevol by Phalaborwa uit te kom en weer terug Tzaneen toe.  Hulle het daardeur die geleentheid gehad om hulle nagvlieglisensie op datum te hou.

LUGSKOU 2005

Lugskou 2005 gaan voort en die komittee is hard aan die gang met die reëlings.  Daar is reeds heelwat stalletjies bespreek.  Ons moet egter almal help om borge te soek om die koste van die lugskou te help dek.

BELANGRIKE DATUMS

29 April - 2 May -- EAA Wonderboom

21 Mei – Polokwane lugskou

26-28 Mei – Presidents trofee

25 Junie 2005 – Lugskou

My vlug Welkom toe

Met my PPL redelik vars in my sak is ek vir die paasnaweek Welkom toe.  Ek het natuurlik my roete oor Delmas beplan, want so mis ek mos amper al die beheerde lugruim.  Ek het beplan om vroeg in Tzaneen op te styg, maar die wolke het dit vir my met sowat twee ure uitgestel. 

Die wolke was toe sowat 4/8.  Die wat dit al gesien het sal saamstem oor hoe mooi oom Paul se kop lyk as hy bo die wolke uitsteek.  Toe ek na my kamera gryp kom ek agter daar is nie batterye in nie, en ek het op daardie batterye staatgemaak vir my GPS. Die vlug soontoe was sonder voorval en het my drie en ‘n half uur geneem.

Die doel van die besoek was ‘n familiefees en na die naweek het die weer met my begin speel.  Die Dinsdagoggend was die mis so sleg dat die sigbaarheid in die rigting van die son nie eens twee myl was nie.  Om te klim of te daal het niks gehelp nie.

Ek was skaars by Kroonstad verby toe ‘n wolk my van voor konfronteer.  Die verkeer Noord het my meegedeel dat die weer slegter raak en ek het besluit om maar na Kroonstad te vlieg.  Ek moet sê die sig was so swak dat ek selfs moes soek vir die baan.  Die wind het op daardie stadium redelik sterk gewaai.  Daar geland het ons besluit om die dag in Kroonstad deur te bring.

‘n Ontbyt in die Wimpy en ‘The Aviator’ in die plaaslike Kine en die weer was reg.  Met ‘n sterk dwarswind op die teerbaan, het ek besluit om van die grasbaan gebruik te maak.

Die tyd was nou reeds te min en die brandstof nou ook nie meer genoeg om dit Tzaneen toe te maak nie, daarom is ek toe Wonderboom toe vir pizza by Giovanni’s.  Daar was ‘n redelike ernstige storm oor Pretoria se middestad, maar by Wonderboom was die weer fantasties en ons het veilig geland.

Dit was die eerste vlug wat my vrou nie aan die slaap raak in die vliegtuig nie.  Vandat ons opgestyg het in Welkom tot met ons aankoms in Wonderboom het sy haar vinger presies daar op die kaart gehou waar ons was, wat ‘n navigator! 

Sy was regtig bang ons verdwaal, maar sy het dit geniet om te navigeer en nogal baie in ‘n kort tydjie geleer.  So baie dat ons besluit het om die volgende oggend sonder die GPS verder te vlieg (wat nie ‘n kuns is van Wonderboom na Tzaneen nie).

Interessanthede langs die pad het die Vaaldam, Allemanskraaldam, Sasolburg, Vanderbijlpark en die Premier diamant-myn by Cullinan ingesluit.  Dit was my eerste lang vlug na my PPL en ‘n baie goeie ondervinding. (en ek moet sê die Piper vlieg baie lekker, sou net graag met die VOR wou speel, maar dit wou nie werk nie)

Presidentstrofee 2005

Die presidentstrofee is om die draai en dit lyk of daar heelwat deelname van Tzaneen gaan wees.  Ek en oom Alf het besluit om te gaan deelneem. (hulle sê hulle is bly dat ek ‘n navigator het, want ek het met ‘n GPS in Botswana verdwaal).

HUMOR

Controller: "Cessna 266, descend and maintain 1,500, cleared for the approach, contact tower at the outer marker." Without realizing that his mike is still open he says, "Watch me kill this son of a B#$%@ "

Pilot: "CANCEL IFR! CANCEL IFR!"

 -o0o-

In another famous SR-71 story, Los Angeles Center reported receiving a request for clearance to FL 600 (60,000ft).
The incredulous controller, with some disdain in his voice, asked, "How do you plan to get up to 60,000 feet?
The pilot (obviously a sled driver), responded, " We don't plan to go up to it, we plan to come down to it..."
He was cleared..

-o0o-

I heard this from my brother, who is a Search and Rescue pilot at Canadian Forces Base Bagotville, Quebec. It's an apocryphal story that allegedly happened late one night during bad weather, as heard over the tower radio:

Helicopter Pilot: "Roger, I'm holding at 3000 over (such-and-such) beacon".

Second voice: "NO! You can't be doing that! I'm holding at 3000 over that beacon!"

(brief pause, then first voice again): "You idiot, you're my co-pilot."

-o0o-

A couple of TAC pilots were flying F-4s in escort with a B-52 bomber and were chinning with the pilot of the bomber to pass the time. Talk fell to the subject of the relative merits of their respective aircraft with the fighter pilots holding that their planes made for more interesting flying because of their maneuverability, acceleration and the like.

The B-52 pilot replied "Yeah? Well this old girl can do a few tricks you guys can't even touch." Naturally, he was challenged to demonstrate. "Watch," he tells them.

After several minutes the bomber pilot returns to the air and says, "There! How was that?" Not having seen anything, the fighter pilots say, "What are you talking about?" Reply, "Well, I went for a little stroll, got a cup of coffee and went downstairs for a chat with the navigator."

Vlieggroete

Willie Leeuwner
waleeu@global.co.za